Tweeter button
Facebook button

play slot games online at Slots Dad

Jaarlikse Klawer Kunste-kompetisie vind in Julie in die Matzikama plaas

Meer as 3000 leerders van oor die Wes- en Noord-Kaap sal in Julie vanjaar deelneem aan die jaarlikse Klawer Kunste-kompetisie wat in die Matzikama aangebied word.

Die kompetisie vind van Dinsdag, 26 Julie, tot Vrydag, 29 Julie 2016, by Laerskool Klawer plaas.

Die kompetisie sluit uitvoerende kuns soos dans, kunsuitstallings, koorsang, solo-sang, voorlesing, voordrag en selfs die speel van musiekinstrumente in. Die weeklange kunskompetisie skop af met danse deur die plaaslike leerders in die omgewing, gevolg deur ’n koorfees op Vredendal. Die danse word op Woensdag voortgesit, waarna die spreekkore Donderdag sal plaasvind. Op Vrydag vind musiek, voordrag en kunsuitstallings plaas.’n Koffiewinkel by die skool dien as sentrum vir besoekers wat die week wil mee maak. Hier sal besoekers gedurende optredes bymekaar kom om ’n heerlike koffie of eetgoed te geniet gedurende en na die afloop van elke vertoning. “Dis ’n voorreg om die gasheer van dié week te wees,” sê Johan Esterhuyzen, skoolhoof van die Laerskool Klawer.

Die Madeliefie Makietie-projek in die Matzikama help vanjaar met die bemarking van die kompetisie.  “Ons belê graag in die skole van die omgewing en ons hoof-doelwit is om die skole in die omgewing te help en te bevorder waar ons kan,” sê Cindy Schade, skakelbeampte van Madeliefie Makietie.

Meer inligting oor die week is by www.madeliefiemakietie.co.za beskikbaar.

It's only fair to share...Share on Facebook
Facebook
Tweet about this on Twitter
Twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

News
baydu.co.za RUNNER UP in TWO categories! Lifestyle and Entertainment!
View My Stats